Waar kom die heelal vandaan?

28 06 2010

Daar is ‘n paar dinge waaroor ek glo almal saamstem:

  1. Alles wat bestaan, het ‘n rede. Hetsy omdat dit die gevolg van een of ander proses is, of omdat die bestaan daarvan noodsaaklik/outomaties is.
  2. Die Heelal het nie nodig om te bestaan nie, want dit het op ‘n stadium nie bestaan nie.
  3. Die Heelal bestaan wel, dus het dit ‘n oorsaak.

Nou is dit slegs ‘n kwessie van bepaal watter rede(s) vir die Heelal se bestaan die mees rasionele / logiese is.

Daar is ‘n paar antwoorde op hierdie vraag. Die mees pertinente drie is as volg:

  1. die Heelal het altyd bestaan, dit het geen begin nie.
  2. Die Heelal het een oomblik net begin ontstaan sonder enige rede en sonder dat Iemand die Oerknal se lont aangesteek het.
  3. Daar is ‘n tydlose Wese wat die Heelal geskep het omdat Hy besluit het om dit te doen. Ons verwys na hierdie Wese as God.

Nou, in die eerste geval kan mense dadelik noem dat tyd nie oneindig kan wees nie, soos wat die geval sou wees as mens aandring daarop dat die Heelal nog altyd daar was. Dink so daaraan: as tyd oneindig tot in die verlede strek, hoe het ons dit reggekry om vandag hier te wees? Dit is terloops 11:30 op Maandag die 28ste Junie, 2010. Maar as tyd oneindig in die verlede gestrek het, sou dit nooit kon vorentoe beweeg tot op hierdie stadium nie.

In die tweede geval sou mens kon merk dat daar nog geen ander geval aangemeld is van materie wat spontaan ontstaan het nie. daar is ook geen rede om te glo dat dit moontlik is nie gegewe die wetenskaplike wet wat lui dat “energie nie geskep of vernietig kan word nie” (alle materie bestaan uit energie). Dus is dit teen die beginsels van die wetenskap om so iets te beweer. Mens moet ook opmerk dat wanneer daar gepraat word van elektrone en positrone wat spontaan hul verskyning maak uit die kwantum-leegte, daardie leegte nie “leeg” is nie, maar wel uit energie bestaan, dus sou dit vals wees om te beweer die Heelal het op so ‘n manier net “verskyn” een oggend. Waar sou die energie vandaan kom?

In die derde instansie kan mens sien hoe, afgelei van die vorige twee paragrawe, dit onvermydelik is dat die heelal moes ontstaan het as ‘n self-bewuste besluit deur ‘n Wese wat nie gebonde is aan die wette van die Heelal nie, siende dat die Heelal voor daardie oomblik nie bestaan het nie en dus nog nie “geboorte geskenk” het aan die wetenskaplike reels nie. Die maklikste manier om hierdie konsep te verduidelik is om aan ‘n rekenaar en ‘n inginieur te dink. Die rekenaar is die Heelal, terwyl God die inginieur is (met alle respek):

Die rekenaar is gebou met sekere reels en fisiese grense soos byvoorbeeld dat daar net 8 Gigagrepe geheue tot jou beskikking kan wees op ‘n 32-bis stelsel, maar kom ons raak nie te tegnies hieroor nie. Ons hoef slegs te aanvaar dat sekere dinge binne die rekenaar is soos hulle is omdat die inginieur dit so gebou het. Mens kan ook aanvaar dat hy dit so gebou het vir ‘n sekere rede: dalk omdat meer geheue oortollig sou wees, dalk omdat ‘n 10 Volt kragtoevoer na die moederbord die ding se leeftyd ernstig sou verkort, terwyl 3.3 Volt te min sou wees om aan al die nuwe dogter-borde se krag-vereistes te voldoen, dus is dit besluit dat die moederbord ‘n 5 Volt toevoer sal ontvang.

Die inginieur is dus noodsaaklik gegewe sy natuur en sy verhouding ten opsigte van die rekenaar. Dus: terwyl die rekenaar nie nodig het om te bestaan nie, is die inginieur se bestaan te wyte aan die noodsaaklikheid van sy verhouding teenoor die rekenaar.

Maar wie het die inginieur gemaak? Hier moet mens wegkom van die metafoor en teruggaan na die werklikheid: Net soos wat nommers bestaan omdat dit nie anders kan nie, bestaan God omdat dit nie anders kan nie.

Advertisements

Actions

Information

14 responses

2 07 2010
Andrew

As jou persoonlike god kan ontstaan omdat dit nie anders kan nie, dan kan ‘n heelal ontstaan omdat dit nie anders kan nie. Jou argument skuif net die probleem een stap terug.

Die Nobel Laureate fisikus Frank Wilczek spekuleer dat “niks” onstabiel is en dit die rede is hoekom daar iets en nie niks is nie.

2 07 2010
vryedenker

Besef jy hoe absoluut absurd die laaste stelling is?

2 07 2010
Andrew

Nee se vir my.

So absuurd soos die antieke Grieke wat gefilosofeer het oor ‘n ronde Aarde in die 6de eeu BC?

5 07 2010
vryedenker

Wat verstaan jy onder Wilczek se “niks”? Daar is ‘n verskil tussen niks, en wat ook as die Kwantum-vakuum bekendstaan.

Wat is jou punt oor die ronde aarde? Dink jy ek glo dat die aarde plat is?

5 07 2010
vryedenker

“As jou persoonlike god kan ontstaan omdat dit nie anders kan nie, dan kan ‘n heelal ontstaan omdat dit nie anders kan nie. Jou argument skuif net die probleem een stap terug.”

Dit sal natuurlik help om te besef dat voor die heelal ontstaan het, het tyd nie bestaan nie, dus was daar nie ‘n “voor” en “na” nie.

5 07 2010
Andrew

Dit geld vir jou god ook. Kan jy sien dat jou god oorbodig is in die argument?

6 07 2010
vryedenker

Nee, my God kan nie oorbodig wees nie. Daar moet ‘n Eerste Oorsaak wees, en ‘n Intelligente wese wat nie gebonde is deur Tyd nie, is die beste verduideliking.

5 07 2010
Andrew

Toe die Griekse filosowe gespekuleer het oor ‘n ronde Aarde sou daar mense gewees het wat gedink het dit is absurd … ‘n mens sou tog afval of onderstebo moes hang. Net soos daar mense was wat gedink het dit is absurd dat tyd al hoe stadiger vloei hoe nader ‘n mens aan die spoed van lig beweeg. Vandag aanvaar ons dit as algemene kennis omdat die wetenskap dit bewys het; selfs julle gelowiges het nou al die memo gekry.

Die heelal is ‘n vreemde plek , jy kan nie net op intuïsie staatmaak om dit te studeer nie.

6 07 2010
vryedenker

So wat jy eintlik se is dat mens nie logies moet dink oor die heelal nie?

6 07 2010
Andrew

Volg die data.

7 07 2010
vryedenker

Die data wys na Intelligente Ontwerp, jy verwerp dit. Wat nou?

7 07 2010
Andrew

O dan vra ek om verskoning, ek was nie bewus daarvan nie. Ek voel nou so stupid, ek dog die heeltyd jy is die een wat agter die klip is maar nou besef ek dis ek wat agter geraak het. Sal jy die data wat wys na Intelligente Ontwerp met my deel asseblief?

9 07 2010
vryedenker

“Fine-tuning”; objektiewe morele waardes; intelligente lewe; die kosmologiese argument; die gawe van Heldersiendheid waarmee Dawid en Johannes van Patmos geseen was; sonde.

9 07 2010
Andrew

Nes ek gedink het, jy het niks.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: